Rekenaarbus

PCI Express bus aansluiters (vanaf bo na onder: x4, x16, x1 en x16), vergeleke met die tradisionele 32-bis PCI-bus aansluiter (onder).

In rekenaarargitektuur is 'n bus 'n substelsel wat data of krag tussen komponente in 'n rekenaar of tussen rekenaars oordra. Anders as punt-tot-punt verbindings (poorte) kan 'n bus verskeie randapparatuur (bybehore) oor dieselfde stel drade verbind. Elke soort bus definieer 'n stel verbinders wat toestelle, kaarte of kabels aanmekaar koppel.

Vroeë rekenaarbusse was letterlik parallelle elektriese busse met veelvuldige verbindings, maar die term word nou gebruik vir enige fisiese rangskikking wat dieselfde logiese funksionaliteit as 'n parallelle elektriese bus verrig. Moderne rekenaarbusse kan beide parallelle en bis-serieverbinders gebruik en kan bedraad word op so 'n wyse dat dit 'n veelvuldige verbindingtopologie (elektries parallel) of 'n kettingtopologie vorm of kan deur 'n geskakelde bus verbind word soos in die geval van USB.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search